Dié maand is drie nuwe afsetpunte vir die Reusable Fabric Gift Wrapping-geskenkpakkies gevind. Die produkte is nou ook by die volgende winkels beskikbaar:
1. God’s Army Christian Books and Coffee Shop. 102 Bree Straat, Kaapstad. www.godsarmy.co.za.
2. Dash Décor & Gifts. 10 Queen Straat, Durbanville. 021 975 18213.
3. DOT geskenkewinkel. Black Horse Sentrum, Dorp Straat, Stellenbosch. 0827334218
Ons sê dankie
1. Love Project Workshop is goedgekeur om vanaf 27 Oktober tot 2 November by Kamersvolgeskenke uit te stal. Dié besonderse handwerkmark word gehou by Lourensford Wynplaas naby Somerset-Wes. Maak seker jy kom maak ´n draai!
2. Vir Pezula Interiors vir die lap wat geskenk is. www.pezulainteriors.co.za.
3. Vir Chantalle Thygesen, ´n tweedejaar fotografie student by City Varsity, wat aangebied het om professionele fotos van die Reusable Fabric Gift Wrapping-geskenkpakkies te neem. Sien fotos by vorige post!
Gebedsversoeke
Vir die produksie, bemarking en verkope van die Reusable Fabric Gift Wrapping-geskenkpakkies. Bid dat die Here dié werkskeppingsinitiatief sal gebruik om mense te help en met die Evangelie te bereik.
Ons behoeftes
Benodigdhede
Knope, knope, knope! Ook oorskietlap en lint.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment