Wednesday, September 1, 2010

Mei 2010 nuus




Ons sê dankie


1. Love Project Workshop is goedgekeur om vanaf 29 September tot 3 Oktober by die CY Market uit te stal. Dié handwerkmark word gehou by Alba Guest Farm op die Vissershok Pad in Durbanville. Maak seker jy kom maak ´n draai!
2. Vir Chantalle Thygesen, ´n tweedejaar fotografie student by City Varsity, wat pragtige fotos van die Reusable Fabric Gift Wrapping-geskenkpakkies geneem het. 
3. Vir Japsnoet Kleuterskool in Secunda wat 250 van die Reusable Fabric Gift Wrapping-geskenkpakkies bestel het! Hul gaan dit verkoop om fondse vir die skool in te samel.
Gebedsversoeke


Die visie van ons organisasie is om die Evangelie te deel deur middel van werkskepping. Wanneer die mense vir wie die werk geskep word egter nie hou by spertye nie en swak kwaliteit werk lewer, is die frustrasie groot. Bid asseblief dat ons Here, en Hy alleen, die mense sal inspireer om hul beste vir Hom te gee. Paulus verduidelik so goed in 1 Korintiërs 10:31 aanspoor: “… wat julle ookal doen, doen alles tot eer van God.”




 
Ons behoeftes


Benodigdhede
Knope, knope, knope! Ook oorskietlap en lint.

Finansiële ondersteuning


Indien jy ´n kontantbydrae wil maak, kontak asseblief vir Lizna sodat sy die bankbesonderhede kan verskaf.




Winkels waar die Reusable Fabric Gift Wrap-geskenkpakkies verkoop word:
1. Love Project Gift Shop, 55 Kloof Straat, Kaapstad. www.loveproject.co.za.

2. God’s Army Christian Books and Coffee Shop. 102 Bree Straat, Kaapstad. www.godsarmy.co.za.
3. Dash Décor & Gifts. 10 Queen Straat, Durbanville. 021 975 18213.
4. DOT geskenkewinkel. Black Horse Sentrum, Dorp Straat, Stellenbosch. 0827334218