Thursday, May 27, 2010

Wat ons by die Love Project Workshop gedurende Maart 2010 gedoen het

1. Caroline von Broembsen, ´n argitek en ´n handwerkliefhebber van formaat, het dié maand by die Love Project-span aangesluit as vrywilliger. Sy gaan haar kreatiewe flair inspan om ´n liefdadigheidsorganisasie van haar keuse te help met produkontwerp en/of produkverbetering. Ons is baie opgewonde om te sien hoe die Here haar talente gaan gebruik om ´n verskil te maak!

2. Marelize Raubenheimer van die Agape werkswinkel gee terugvoer: “Our first products created by the woman at the AGAPE-project, has reached the shelves at the LOVE PROJECT Gift Shop in Kloof Street. The product label's name is Found Favourites, and is a collection of 'found objects', in this case bottle tops, which are recreated to become favourites. The collection of earrings and badges are colorful and creative, like the ladies who made them! It was with great pride and joy that they have packaged their creations, trusting that this unique product will soon become someones favourite! Looking back over the month, I'm proud of the team of women that dedicated their Friday afternoons to come and learn, explore and contribute to a dream that is becoming their own! And this is only the beginning!”

Ons sê dankie
1. Vir Tanya Brown (19) van Woodstock wat een keer per week kom help met die verpakking van die Reusable Fabric Gift Wrapping-geskenkpakkies.
2. Love Project Gift Shop is as stalletjie goedgekeur by Kamersvolgeskenke, ´n besonderse handwerk- en kersmark wat plaasvind vanaf 27 Oktober tot 2 November 2010 by Lourensford Wynplaas naby Somerset-West. Maak seker jy kom maak ´n draai!

Gebedsversoeke
1. Tandeka se handwerk- en naaldwerkopleiding het nou tot ´n einde gekom. Ons het haar verlede maand ingeskryf vir ´n naaldwerkkursus by Learn To Earn in Khayelitsha en sy is huidiglik op die waglys. Bid asseblief dat sy gou plek sal kry en dat sy binnekort met die kursus kan begin.
2. Vir die produksie, bemarking en verkope van die Reusable Fabric Gift Wrapping-geskenkpakkies. Bid dat die Here dié werkskeppingsinitiatief sal gebruik om mense te help en om mense met die Evangelie te bereik.

“Hy [Jesus] bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander
naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons
verlos moet word nie.” Handelinge 4:12

Ons behoeftes

Benodigdhede
1. Oorskietlappe, lint en knope. En naaldwerktoerusting soos skêre, naalde, garing, maatbande ens.
2. Ons benodig dringend stoorplek vir twee industriële naaldwerkmasjiene, ´n tafel en ´n spul bokse.